NOORD KAAP GEE REDES
Die Noord Kaapse sinode van die NG Kerk het duidelike redes gegee in 'n
herderlike brief waarom die voorgestelde verandering aan Artikel 1 van
die Kerkorde (wat voorsiening vir Belhar as opsionele belydenisskrif sou
maak) verwerp is.
Hier is 'n uittreksel uit hulle herderlike brief:
Die
sinode het – sonder om hom uit te spreek oor die aard of die inhoud van
die Belharbelydenis - die voorgestelde wysiging van Artikel 1 van die
Kerkorde, onder andere, om die volgende redes nie goedgekeur nie:
1. Die voorgestelde kompromisvoorstel poog om mense tevrede te stel eerder as om aan die Skrif getrou te wil wees.
2. Die voorgestelde wysiging voer leervryheid in die Kerk se orde in, in
stryd met die Skrif en die Drie Formuliere van Enigheid, omdat dit die
keuse laat om ’n belydenisskrif te aanvaar of nie te aanvaar nie. Die
implikasie is dat dit dan ook noodwendigerwys van die ander
belydenisskrifte móét geld en/of dat nog belydenisskrifte – volgens die
begeerte van lidmate – tot die belydenisgrondslag van die kerk toegevoeg
kan/mag/moet word.
3. Daarby stel dit die kerk op die sogenaamde quatenus-standpunt, in
plaas van die gereformeerde quia-standpunt. Eersgenoemde is meermale in
die geskiedenis baie sterk deur die kerk afgewys. Die Ned. Geref. Kerk
in Noord-Kaapland aanvaar die belydenisskrifte omdat dit in
ooreenstemming is met die Skrif, nie insoverre of indien dit (volgens
die oordeel/willekeur van lidmate) in ooreenstemming met die Skrif is
nie.
4. Die voorgestelde wysiging is in stryd met die Ned. Geref. Kerk se belydenisgrondslag en die Skrif.
Tidak ada komentar:
Posting Komentar